Komsomol

Die embleem van die Komsomol

Die Komsomol (Russies: Комсомо́л) was die jeugliga van die Kommunistiese Party van die Sowjetunie. Die volle naam was Коммунисти́ческий сою́з молодёжи (Kommoenistitsjeski Sojoez Molodjozji). Die voorloper van die Komsomol is in 1918 in die stadsgebiede van Rusland gestig. Dit was toe bekend as die Russiese Kommunistiese Jeugliga. In 1922 is dit hervorm tot die Всесоюзный Ленинский Коммунистический Союз Молодёжи (ВЛКСМ), die Lenin-jeugliga van die Hele Sowjetunie (WLKSM).


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search